Ontmoet die span:

Tino en Annette                                  Martha (Housekeeper)                 Piet (Opsigter)   

       

 

 

 

 

Soms los hierdie liewe mense ons af:

Ons seuns: Stefan en Etienne

     

 

 

 

 

Sestien jaar gelede ontdek Tino en Annette Erasmus Groot Marico en raak dadelik lief vir die klein plekkie.  Met 'n tweede besoek kom hul te hore van 'n buurplaas wat te koop is.  Nie lank daarna nie is hulle die gelukkige en trotse eienaars van die stukkie riviergrond.  "Groot Marico het so diep in ons harte ingekruip, dat ons dit met die wêreld wou deel".  Die eerste gaste-huis wat gebou is, was Getsemane.  Tino het elke baksteen, sakkie sement en bondeltjie dekgras self van Lichtenburg af aangery.  Die aanvraag was natuurlik te groot vir die aanbod.  Die ander huisies het een na die ander gevolg, elkeen met sy eie karakter.  "Hierdie stukkie grond le diep ingemessel in ons lewens.  Op ons plasie haal ons lekker diep asem, met dankbaarheid!"

Ons geniet ons gaste baie.  Ons ontvang nie gaste tensy ons of ons kinders of Kerneels hulle nie self kan ontvang nie.

 





Back to top